Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Klag van poging tot moord word deur Heidelberg-polisie ondersoek nadat 'n 27-jarige man Vrydagoggend, 8 Oktober net na 09:00 erg met 'n graaf aangerand is.
Die voorval het in Diepkloof gebeur tydens 'n argument tussen die slagoffer, Aiden Williams en die aanvaller, waarna laasgenoemde hom aan die polisie oorhandig het.
Williams is eers na Riversdal-hospitaal en daarna per ambulans na George provinsiale hospitaal vervoer. Hy het ernstige kopbeserings opgedoen. Hy is later die aand per lugambulans na Groote Schuur-hospitaal vervoer, waar 'n noodoperasie vroeg Saterdagoggend op hom uitgevoer is.
Volgens sy familie was die operasie suksesvol, maar is hy nog in die hospitaal in Kaapstad.
Jeremia Pieters (39) het Maandag, 10 Oktober vlugtig in die hof op die aanklag verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek tot Dinsdag, 19 Oktober uitgestel. Hy bly in aanhouding.
VORIGE ARTIKEL: Man wreed met graaf aangerand
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'