RIVERSDAL NUUS - Adam Baadjies, wat vir 10 jaar Suid-Kaap Forum se tuin instand gehou het, vier vanjaar sy 80ste verjaarsdag.
Hy is op 28 Maart 1938 gebore. Hy en sy eggenoot Dina is op 21 Maart 1986 in die huwelik bevestig.
Baadjies sê: "Ek is dankbaar vir die Here wat my gedra het al die jare. Waar ek geloop of gesit het, daar was die Here. Ek dank Hom vir die jare wat hy my en my eggenoot saamgevoeg het. Soos wat Psalm 23 lees: Die Here is my herder, niks sal my ontbreek nie."
Baadjies ry steeds fiets en hoewel hy afgetree is, doen hy steeds tuinwerk.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'