HEIDELBERG NUUS - ’n Malawiese burger, Jimmy Makwongwdu (43), voorheen woonagtig in die Heidelberg-distrik word dringend deur die plaaslike polisie gesoek.
Volgens die polisie kan hy behulpsaam wees met ’n ondersoek met betrekking tot die verbreking van ’n beskermingsbevel.
Hy bevind hom vermoedelik in die Swellendam/Overberg-streek, maar kan heel moontlik verder aanbeweeg het. Hy kom oor die weg met ’n blou Mazda-bakkie.
Enigiemand wat inligting aan die polisie kan verskaf kan met die ondersoekbeampte, ao Reon Grundlingh (073 479 1513) of met Heidelberg-polisie (028 722 1910) in verbinding tree.
Inligting sal vertroulik hanteer word.
Makwongwdu ry glo met dié blou Mazda-bakkie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'