STILBAAI NUUS - Wes- en Oos-Kaapse lede van die Mac’s Familia-motorfietsklub het van 27 tot 29 Oktober in Stilbaai gekuier.
Hierdie is ‘n gesinsgeorienteerde motorfietsklub en dit was duidelik in hulle gedrag gedurende die naweek.
Hulle het van die geleentheid gebruik gemaak om Stilbaai en omgewing te verken en wil beslis weer terugkom.
Die naweek is afgesluit met ‘n kort kerkdiens by Stables deur pastoor Peter van Niekerk, wat ook lid is van die klub.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’