RIVERSDAL NUUS - Die ACVV op Riversdal is besig om 'n projek vir Mandeladag op Vrydag, 16 Julie te reël. "Ons beplan om op die dag 'n straatwinkel te hou waar kinders 'n uitrusting kan kies, wat vir hulle die ervaring gee dat hulle ook hulle klere by 'n winkel kan aankoop," verduidelik Junique Rhode, gemeenskapontwikkelingsbeampte.
Om dit moontlik te maak, vra hulle die gemeenskap om kinderklere aan die ACVV te skenk wat nog in 'n goeie toestand is, sodat hulle kinderharte kan verbly.
Vir meer inligting kan Rhode (028 713 1378) geskakel word. Skenkings kan na die ACVV se kantoor in Oosthuizenstraat 15 geneem word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'