HESSEQUA NUUS - Huisnommers is nie net gerieflik as 'n eiendom gevind moet word nie, maar noodsaaklik vir nooddienste om persone in nood te vind.
Die sigbaarheid en duidelike vertoning van 'n huisnommer kan 'n verskil maak tydens 'n noodgeval.
Hessequa-munisipaliteit doen 'n beroep op alle inwoners in die streek om seker te maak dat huisnommers duidelik vertoon of om nommers aan te bring indien daar nie is nie.
Onduidelike of moeilik leesbare nommers bemoeilik die taak van die polisie, buurtwagte, nooddienste en munisipaliteit.
Volgens wet moet 'n nommer wat vertoon word aan die volgende voldoen:
- Dit moet op 'n sigbare plek op die perseel vertoon word en moet te alle tye sigbaar en leesbaar vanaf die aangrensende straat wees.
- Die eienaar van die perseel is verantwoordelik om nommers te vervang, so dikwels as wat dit uitgewis, beskadig of onleesbaar word.
Die ekstra paar minute wat bestee word om 'n eiendom op te spoor tydens 'n noodgeval, kan die verskil tussen lewe en dood beteken.
Neem dus die tyd om te verseker dat jou huisnommer van die staat af gesien kan word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'