RIVERSDAL NUUS - Lize Pretorius, 'n gr. 10-leerder van Hoërskool Langenhoven, het by Swellendam-skou weer verskeie puik prestasies in die saal behaal.
Sy is, onder andere, aangewys as die kampioenruiter (15 tot 18 ouderdomsgroep) en sy het ook eerste plasings gekry in die afdeling vir beste 3-gang perd en beste galop, en tweede plasings in beste draf (15 tot 18), in die perderuiterklas (15 tot 18) en in die afdeling "show hunter."
Hier gaan Lize en Fynbos Eleanor deur hul passies.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'