RIVERSDAL NUUS - Die 16-jarige Lize Pretorius van Riversdal en haar perd, Fynbos Eleanor het by die Robertson-lenteskou 'n uitmuntende vertoning gelewer.
Lize is as kampioenruiter en die algehele driegangkampioen op die skou aangewys, terwyl Fynbos Eleanor as die skouperdkampioen gekroon is.
Boonop spog Lize met talle eerste plekke vir, onder andere, beste drawwer, beste ryperd, beste driegang-plesierperd en beste gallop, tweede plek (beste drawwer) en ook 'n derde plek vir beste stapruiter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’