Gallery
STILBAAI NUUS - Nege lewensredders het van 4 tot 7 Julie ’n noodhulpkursus op Stilbaai bygewoon om voor te berei vir vanjaar se somerseisoen.
Tilana Coetzee van Silver Link-opleidingsinstansie het die kursus aangebied.
Die teoretiese en praktiese kursus het onder meer die behandeling van noodgevalle wat met die see, strand en swembaddens verband hou.
Volgens Caville Abrahams, die voorsitter van die Hessequa Surf Lifesaving-klub open die seisoen by die openbare swembaddens in Riversdal en Heidelberg op 1 September.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'