STILBAAI NUUS - Stilbaai-leeskring en Hessequa-munisipaliteit het op Woensdag 15 Mei 'n lesersdag met Martin Steyn en Jo Nel in die burgersentrum aangebied.
Nel, 'n tandarts van Mosselbaai, het oor sy debuutriller gepraat.
Steyn, skrywer van geweldmisdaadboeke is ook 'n wenner van 'n ATKV-Woordveertjie vir sy debuutroman.
Steyn is vir sy vertaling van een van sy boeke deur Kirkus Reviews vir 'n Kirkus Star benoem.
Hoërskoolleerders van verskeie skole op Riversdal het die praatjie bygewoon.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'