Altesaam 42 leerders van Kairos Senior Sekondêre skool en 'n onderwyser, Helene Mostert, het die kursus suksesvol voltooi en hul sertifikate in ontvangs geneem. Mostert het ?n 100% slaagsyfer behaal.
Die opleiding is deur middel van teoretiese en praktiese hulpbronne en illustrasies aan die leerders, asook ?n paar werkers van verskeie besighede gedurende April oor twee dae by die skool aangebied.
Henry Bush, Hessequa ambulansdienste hoof, Mario Kennel en Christopher Cieta, paramedikusse van Hessequa ambulansdienste, asook Vivian Prins, skoolhoof het die sertifikate oorhandig.

Die eerste deelnemers in die Hessequa-streek aan die Emergency First Aid Respondents (EFAR) kursus het onlangs hul opleiding suksesvol voltooi.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'