Gallery
STILBAAI NUUS - Leerders van Laerskool Bertie Barnard kon Donderdag 30 November hul bene rek deur op ‘n roete op die skoolgronde te hardloop.
Terwyl dit vir die kinders lekker was om buite rond te hardloop, het die leerkragte van die geleentheid gebruik gemaak om te sien wie die langasems is.
Landloop word van vanjaar af ernstig beoefen en heelwat jong Stilbaaiers het al aan verskeie byeenkomste in die omgewing deelgeneem.
ARTIKEL & FOTO'S: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'