ALBERTINIA NUUS - 'n Bus wat leerders van Albertinia terug na Vleesbaai vervoer het, was gistermiddag, 19 Junie, naskool buite Gouritsmond in 'n ongeluk betrokke.
Beseerde leerders is na hospitale in Mosselbaai en Riversdal geneem.
Na wat verneem word is geen kind ernstig beseer nie.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Raadslid van Wyk 11, Nickey le Roux het die mediese personeel bedank.
“Hulle het met soveel omgee die leerders versorg en ouers en naasbestaandes bygestaan by die hospitale. Dit was veral verblydend om te sien hoe ander ouers hulp aangebied het en hoe die gemeenskap mekaar ondersteun het. Wyk 11 kon darem hulp aanbied met 'n warm eetdingetjie en koeldrank.”
'n Leerder word deur mediese personeel versorg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’