STILBAAI NUUS - Huis Lekkerbly-bejaardesorg beplan 'n inligtingsgeleentheid wat op 17 Augustus om 10:00 in die saal van die Palinggatoord gehou sal word.
Suster Enid Louw, eienaar van die tehuis, sal kortliks oor Huis Lekkerbly se geskiedenis en toekomsplanne gesels. Daarna sal Monique Malan, arbeidsterapeut van Riversdal, advies oor die hantering en intellektuele stimulasie van 'n persoon met demensie verskaf.
Bywoning is gratis en verversings sal bedien word.
Belangstellendes moet voor 14 Augustus die bestuurder van Huis Lekkerbly, Madré Hansen, kontak om hul teenwoordigheid te bevestig aangesien sitplek beperk is.
Sy kan per e-pos by admin@huislekkerbly.co.za bereik word, of by 082 610 6535 geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'