RIVERSDAL NUUS - Louis Lategan staan van vanjaar sy Vollie-skoene as nuwe hoof vol.
Hy was adjunkhoof by Laerskool Wesbank op Oudtshoorn waar hy vir 16 jaar gewerk het.
Vanjaar het hy by Laerskool Volschenk op Riversdal as nuwe hoof aangesluit.
Met die intrapslag het hy ’n nuwe tradisie begin.
Omdat hy lief daarvoor is om met kinders te werk, wil hy hê dat elke kind se volle potensiaal bereik moet word.
“Ons skep ’n skool waar elke kind tel,” het hy gesê.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'