Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Pretprater Elsabé Aldrich het gaste behoorlik laat lag by die ACVV Hansie en Grietjie-speelskool se oggendtee, want volgens haar is "lag die hemelse Eno's wat vir ons gegee is om al die seer weg te borrel."
Aldrich is van Hermanus en laat reeds die afgelope 12 jaar vrouegehore skater. Die oggendtee is deur ongeveer 160 mense bygewoon en gehou op Saterdag 9 September in die NG kerksaal.
Tafels was elkeen uniek versier en die heerlike eetgoed het die smaakkliere geterg.
Skoolhoof Rolene Ackerman het almal verwelkom en die mooiste lentegedig gevoelvol voorgelees. Sy het ook elkeen vir hul bydrae bedank. Plaaslike musikante het vir vermaak gesorg wat gaste na 'n ander wêreld weggevoer het.
Solis/sopraan Irma Roux het 'n musiekkeurspel gesing uit The sound of music, wat insluit Climb every mountain, Edelweiss, My favourite things en Do-re-mi. Sy is begelei deur Annatjie Uys op die harp, Merinda Uys op die tjello en Stefanie Keyser op klavier.
Die mooi opgemaakte tafels het die saal in 'n lentetuin omskep.
Kyk 'n video hieronder:
ARTIKEL EN FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'