Gallery
HEIDELBERG NUUSFLITS - Pretprater Elsabé Aldrich het gaste behoorlik laat lag by die ACVV Hansie en Grietjie speelskool se oggendtee, want volgens haar is ‘lag die hemelse Eno’s wat vir ons gegee is om al die seer weg te borrel.’
Die oggendtee was deur ongeveer 160 mense bygewoon en gehou op Saterdag 9 September in die NG Kerksaal.
Plaaslike musikante het gesorg vir vermaak wat gaste weggevoer het na ‘n ander wêreld. Solis/sopraan Irma Roux het ‘n musiek keurspel gesing uit The sound of music, wat insluit ‘Climb every mountain, Edelweiss, My fouvourite things en Do-re-mi. Sy is deur Annatjie Uys op die harp, Merinda Uys op die tjello en Stefanie Keyser op klavier begelei.
Kyk video hieronder.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'