HESSEQUA NUUS - Vier leerkragte van die skool tree aan die einde van die jaar af.
Mnr. Tertius Victor was die afgelope 37 jaar wiskunde-onderwyser en was 45 jaar ononderbroke in die onderwys.
Mnr. Danie van der Nest (skoolhoof) was altesaam 38 jaar ononderbroke in die onderwys en was 30 jaar lank by die skool.
Mev. Denise Kloppers het 10 jaar lank skoolgehou, waarna sy 11 jaar lank 'n besigheid saam met haar man bedryf het en kinders grootgemaak het.
Sy is die afgelope 22 jaar by die skool waar sy hoofsaaklik die OLSO-eenheid onderrig het.
Mev. Annette van Wyk het die afgelope 9 jaar hier skoolgehou en was altesaam 16 jaar in die onderwys.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'