HESSEQUA PERDENUUS - Renaldo October het gedurende die skoolvakansie op 23 en 24 Junie in George by De Javu Equestrian Center aan die vyfde en laaste Ssenesa Qualifier deelgeneem.
Na vyf skoue die jaar het hy SWD-kleure verwerf en na die streekkompetisie deurgedring wat vanaf 9 tot 12 Augustus in George plaasvind.
Hy het die volgende plekke behaal (met 12 ruiters in elke plek): Dressage level 1: Eerste en vierde; Prix Caprilli level 1: Derde en agste.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'