STILBAAI NUUS - 'n Groep van 62 graad 6- en 7-leerders van Laerskool Bertie Barnard op Stilbaai het op 17 Junie op hul Burger Strandhuis-toer vertrek. Elkeen het 'n sakkie ontvang wat die benodigdhede vir stort en tandeborsel ingesluit het.
Baie dankie aan Daniël Franken van PEP Stores Stilbaai en Lindi Enslin van dr. Enslin, tandarts wat dié skenking moontlik gemaak het.
Dié opvoedkundige toer word elke tweede jaar aangebied en die kinders keer op 22 Junie terug.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'