STILBAAI NUUS - Die naweek van 26 en 27 Julie het die skool 'n geslaagde naweek saam met legendariese rugbyspelers aangebied.
Vrydagmiddag kon ongeveer 70 leerders in 'n rugbykliniek by die legendes leer. Vrydagaand is die Legends-aand by Privelistea gehou.
Die legendes het staaltjies uit hul persoonlike lewens gedeel en daar was ook 'n veiling van verskeie goedere, onder meer'n spesiale Legends-boek wat deur die betrokke spelers onderteken is.
Saterdag is die jaarlikse sportdag gehou en die aand het 'n wynveiling by Privelistea plaasgevind.
Die skool bedank al hul borge wat die naweek moontlik gemaak het, asook Gertjie Odendaal vir Vrydagaand se vermaak, en die legendes wat teenwoordig was. Laastens spreek die skool waardering uit vir elke ouer, personeellid, deelnemende skool en die Stilbaai-gemeenskap.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'