STILBAAI SKOLE NUUS - 'n Groep gr. 4 tot 6-leerders het aan 'n entrepreneursdag, wat deur die 'SSF We Care Initiative' begin is, deelgeneem.
Hulle het punte gekry uit 'n totaal van 70 vir hulle marknavorsing, besigheidsplan, aksieplan, stalletjie se opstel en vertoon, verkoop van produkte, inkomste- en uitgawestate, sowel as die algemene indruk van hulle stalletjie en produkte.
Die wenners was:
- Beste klein mannetjie entrepreneur, met die beste besigheidsidee en met die grootste verskeidenheid produkte: EW Maritz.
- Entrepreneur met die meeste inisiatief en wat die hardste probeer het: Jesse Nortier.
- Beste klein dame entrepreneur, beste 'Pop-Up' winkeltjie en met die beste logo: Jessica van Rensburg.
- Entrepreneur met die beste besigheidsplan, die beste aksieplan en wat die beste netto wins getoon het: Ruan Bouwer.
- Entrepreneur met die beste stalletjienaam en produk wat die beste lyk: Danelle Oosthuizen.
- Entrepreneur met die mees praktiese produk: Isabella Vorster.
- Entrepreneur met die beste produk-inisiatief en die beste verkoop-inisiatief: Robyn Rischmuller.
- Entrepreneur met die beste persoonlikheid en die beste naambord: Lana Wolmarans.
- Entrepreneur met die meeste entoesiasme en die oulikste aangetrek: Markus Nortier.
Mnr. Deon en me. Teresa van Rensburg wat hierdie inisiatief begin het, word bedank, asook elke beoordelaar en borg waarsonder die dag nie moontlik sou wees nie.
Agter, van links: Me. Teresa van Rensburg, EW Maritz, Danelle Oosthuizen en Grant Riddles (uitvoerende burgemeester). Voor: Markus Nortier, Jessica van Rensburg, Isabella Vorster, Robyn Rischmuller, Ruan Bouwer, Jesse Nortier en Lana Wolmarans.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'