TUINROETE | KAROO NUUS - Die gr. 12-leerders van Oakdale se laaste skooldag het op 22 Oktober aangebreek.
As deel van die skool se tradisie het elkeen 'n oudskolier das ontvang, Oakdale's Call gesing en die klok gelui, wat hulle uittrede simboliseer. Die kringetjie en sing van die skoolkreet saam met die hele skool, op De Eikeveld, dra by tot die hoendervleis ervaring waarmee hierdie dag afgesluit is.
Tesame met die matrikulante het ook mnr. André Latsky en mev. Suzette van de Vyver, wat beide aftree aan die einde van 2021, die klok gelui.
Nou lê daar een groot laaste voor - die eindeksamen. Ons wens elke Oakdale Bul sterkte toe met dié eksamen.
Leerders ontvang 'n oudskolierdas tydens hul laaste skooldag. Van links is Johan Lamprecht, Jaco Pienaar, Taine Till, Jacobus Esterhuyse en Luhardt Burger.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'