HESSEQUA NUUS - Stemgeregtigdes kan dié naweek landwyd registreer om moontlik in Mei vanjaar in die nasionale en provinsiale verkiesing te stem.
Hessequa se inwoners wat nog nooit gestem het nie, word aangemoedig om een van die streek se 25 registrasiepunte Saterdag en Sondag tussen 08:00 en 17:00 te besoek om te registreer of om hul stemstatus te verifieer.
Hessequa het tans nagenoeg 72 000 inwoners, waarvan nagenoeg 54 000 stemgeregtig is. Slegs sowat 35 000 het egter geregistreer om te kan stem.
Tyens die vorige verkiesing in 2021 het die streek 33 270 geregistreerde kiesers gehad. Die DA het 10 597 stemme uit 21 040 ingepalm. Die res van die stemme is tussen die kleiner partye verdeel.
Stemgeregtigde kiesers kan ná die naweek steeds by die streek se munisipale kantore of aanlyn registreer totdat president Cyril Ramaphosa die verkiesingsdatum, moontlik in Mei, proklameer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’