STILBAAI NUUS - Lappiesbaai-kwiltersgilde hou vanjaar 'n uitstalling op hul eie en nie meer as deel van die Arts & Craft-mark nie.
Die uitstalling vind vanaf 09:00 tot 17:00 op Woensdag 18 en Donderdag 19 Desember in die Waenhuis by Jagersbosch plaas.
Die gilde is baie aktief en die werk van wêreldgehalte wat hier gemaak word, is 'n lus vir die oog en inspirasie vir enige kreatiewe siel.
Die lede sal al die kwilte wat hulle vanjaar voltooi het uitstal. Enkele kwilte en ander items sal te koop aangebied word.
Die gilde loot elk jaar 'n kwilt uit en die geld wat so gemaak word, word teruggeploeg in die gemeenskap. Verlede jaar se fondse is aan SAM, 'n ware Samaritaanse organisasie en die plaaslike NSRI geskenk.
Lootjies waarmee 'n kwilt gewen kan word is by die uitstalling beskikbaar. Die trekking vind Donderdagmiddag om 16:00 plaas.
Almal word uitgenooi om die uitstalling en die teetuin te besoek.
Elsona Matthee tydens verlede jaar se uitstalling.
Een van die kwilte wat vanjaar te sien sal wees.
Kwilte wat tydens 2018 uitgestal is.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'