"Ons het hierdie hengse fights oor hoe om te ry as ons eers begin verdwaal. Eenkeer ry ons van Piet-Retief af Nelspruit toe vir 'n troue en begaan die fout om Barberton om te probeer ry. Iewers naby Ermelo kry ons 'n bordjie wat wys Carolina links, Oshoek regs. En by die volgende T-aansluiting kry jy sowaar weer 'n bord wat wys Oshoek, Carolina. Ons moes alrééds hierdie keuse maak. Nou moet ons weer kies! Ons kies weer die Oshoek-rigting. Sowat 20 kilometer verder wys die volgende bordjie Oshoek, Chrissiesmeer. En ons wil nié na een van dié plekke toe nie!