Gallery
HESSEQUA NUUS - Hoewel die koue en nat weer die mense se idees vir Loslitdag Vrydag 7 September belemmer het, is daar tog diegene wat nie gekeer kon word nie.
Personeel van SA Hofmeyr en seun, Stilbaai Kelders, Huis Wallace Anderson en TMA Decorations het die meeste aandag getrek.
Eerste Nasionale Bank-Riversdal het nie almal snaaks of soos 'n held aangetrek nie, maar elke personeellid het 'n plakker ter ondersteuning gedra. Kleuters en onderwysers van verskeie kleuterskole en personeel van Kinder- en Gesinsorg van Albertinia het groot pret op dié dag gehad.
Dit mag dalk koud en nat wees, maar dit het nie die personeel van Stilbaai Kelders verhoed om Loslitdag te vier deur volgens ’n tema aan te trek nie. Agter is die eienaars Adolf Botes (links) en Johannie Vermeulen met Lorenzo Taute (links voor), Sonja Joubert in die middel en Elmarie Joubert heel regs. Foto: Elza Thiart-Botes, korrespondent.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'