Marlene Liebenberg het goedgunstelik aangebied om al die blokkies aanmekaar te stik.
Vrywillige werkers het pasiënte genader om blokkies te maak en ook die ander material wat nodig was, geskenk. Wendy van Rensburg het 'n besondere etiket gemaak om die idee en liefde saam te vang. Die voltooide kwilt word tans by die plaaslike biblioteek uitgestal vir 'n redelike tydperk en lootjies is by vrywilligers te koop teen R5 per nommer.
'n Gepaste trekkingsgeleentheid sal by Junie se vergadering bespreek en vasgestel word. Persone tot dusver wat blokkies geskenk het, is Jeanine de Villiers, Susanie Human, Anna Snell, Marlene Möller, Grieta de Jager en Lettie Breytenbach (Heidelberg). "Al die fonse wat geïn word, gaan aan die Irma Bruschi tussentuiste in George geskenk word om aangewend te word soos benodig," sê Elfrieda Pieterse, voorsitter.
Op die perseel in Merrimanstraat 103, George is ook Kansakantore, 'n Stoma kliniek, bors ondersoeke word daar gedoen asook papsmere. Limfdreineering, algemene inligting asook emosionele onderskraging (berading) word deur deskundiges aangebied.
Hierdie pragtige kwilt kan joune wees deur slegs 'n lootjie te koop. Van links is Elfrieda Pieterse (voorsitter: Kansa), Lettie Breytenbach, Franza de Kock, Anna Snell en Ralie Myburgh wat elk 'n bydrae gelewer het tot die voltooiing van die kwilt. Aldrie dames regs is ook kankeroorwinnaars.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal | Hessequa nuus'