TUINROETE | HESSEQUA NUUS - Heart of Worship bied weer eens die saamsing-gospelkonsert op 14 November by die AGS Emmanuel op Albertinia aan.
Dit begin om 18:00 en toegang is R20 vir volwassenes en R10 vir skoliere.
Verskeie sangers en orkeste neem aan die program deel.
'n Soortgelyke konsert word op 29 November by die Lighthouse Assembly of God gehou. Toegang is R20 vir volwassenes en R10 vir skoliere. Sangers wat gaan optree is Bongani, Patricia, Darsin Hermanis, Heart of Worship, asook groepe van George en Riversdal.
Die programleier is pastoor Laws van Heartbeat FM.
Vir meer inligting, kontak Eshley (062 952 4739) of stuur 'n WhatsApp-boodskap (061 347 1920) en Jemaine (074 543 5825).
Heart of Worship sing eersdaags op Albertinia en Mosselbaai.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'