RIVERSDAL NUUS - Die Vrye Tuiniers van Afrika se konferensie op Groot-Brakrivier was goed verteenwoordig, ook deur Garcia Lodge van Riversdal.
Garcia Lodge se verslae was die beste en skoonste, wat reeds die afgelope jare 'n voorbeeld vir die ander losies stel. "Ek is baie trots op die broers," het Bennie Jantjies, sekretaris en tesourier van Garcia Lodge gesê.
Die broers van Riversdal het Jantjies bedank vir sy goeie werk en is hy gekies as offisier van die hooflosie van Kaapstad.
Jantjies doen 'n beroep op alle gelowige mans om hulle aan te sluit by dié orde, wat 'n interkerklike organisasie is. Takke is St. Dawid, Lodge Loglomond, St. Pauls Stellenbosch, Caledon Lodge, Mamosa Lodge, Beaufort-Wes, Somerset-Oos, Ebeneser Riviera Lodge, Groot-Brakrivier, Mosselbaai, Kaapstad, asook Australië en Griekeland.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'