ALBERTINIA NUUS - Beaulyn Herman, jong entrepreneur en gemeenskapsleier van Albertinia nooi inwoners om Dinsdag 24 September om 13:00 na die dorp se sportterrein te gaan.
Die geleentheid is ’n vreedsame protesaksie met die tema ‘I won’t be next’.
Die aksie teen geweld teen vroue en kinders sal die vorm van ’n aflos-stap in rondes om die sportveld aanneem. Die dorp se sakelui ondersteun die projek.
Kontak Herman by 072 239 8441 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'