Vrydagmiddag, 2 Augustus het Salomé Kruger en Louise Mouton van die koerant saam met Gert Kruger en Gawie Stols van die omgeegroep sakke klere en skoene aan die mense oorhandig.
Groep vir omgee
Die Botterkloof omgeegroep vergader elke Maandagaand by Botterkloof en het deur een van die oord se werkers gehoor van die tragedie in Melkhoutfontein.
Klere
Tans is die projek in drie fases verdeel: Klere, behuising en meubels. Daar is Maandag, 5 Augustus vir elkeen 'n sweetpak, skoene en 'n trui gekoop by 'n plaaslike winkel in Stilbaai. Elsa Kruger sal ook 'n behoeftebepaling na elkeen se spesifieke behoeftes maak. Die omgeegroep sal seker maak die mense het komberse en klere.
Behuising
Volgens Kruger gaan die groep binne die week met Hessequa vergader om uit te klaar wat benodig en gedoen moet word en wat nie. Hessequa het wel intussen vir elke erf sinkplaat en pale afgelewer vir 'n struktuur. Een van die gesinne het reeds teen Maandagmiddag hul pale in die grond gehad. Dr. Andrew Green sal volgens Kruger die ekstra materiaal wat benodig word koördineer. Snyman Handelaars in Riversdal was ook reeds in kontak met die omgeegroep om uit te vind waar hul hand kan bysit. 'n Plaaslike dekorwinkel in Stilbaai het gordyne vir elke huis geskenk.
Meubels
Volgens Gert gaan hulle in die laaste fase van die projek meubels benodig en is daar reeds 'n paar matrasse ontvang.
Sien nog foto's hier.
Die brandsagoffers was erg in hul noppies met die eerste skenkings van klerasie en skoene. Hier is Salomé Kruger, advertensieverteenwoordiger, Suid-Kaap FORUM (heel links) en Louise Mouton (joernalis, Suid-Kaap FORUM) by van die slagoffers.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'