Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Hessequa-burgemeester Grant Riddles en speaker Andrew Stroebel het die Lukhanyo-kleuterskool in Kwanokuthula Vrydagoggend 30 Augustus besoek om die onderwysers in te lig dat nog ’n klaskamer aangebou gaan word.
Omdat hier dikwels ingebreek word, gaan diefwering aangebring word.
“Ons wil ’n omgee-munispaliteit wees,” het Riddles gesê.
Die skool het onlangs ’n skenking van die munisipaliteit ontvang waarmee die gebou geverf en waarmee noodsaaklike hulpmiddels aangekoop is.
Kyk 'n video hieronder:
Burgemeester Grant Riddles tussen die kleuters van Lukhanyo-kleuterskool.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'