HEIDELBERG NUUS - Vrolike babagesiggies en kinderlaggies het toeskouers in groot getalle na die Heidelberg baba- en kleuterskou gelok.
Vir mammas wat met hul baba kom spog het, het hierdie geleentheid soveel vreugde gebring.
27 Kinders het vanjaar ingeskryf. Elke kind het met hul inskrywing 'n geskenkpakkie met lekkernye ontvang. Te danke aan al die besighede wat die geleentheid geborg het, was daar nie 'n enkele kind wat sonder 'n geskenkpakkie weggestap het nie. Die beoordelaars was Maritza de Swardt, Lindie Gilliomee en Marina Griesel.
Daar was meer as 10 gelukkige trekkings waarvan die gehoor deel was. Doeke, lekkers, speelgoed en 'n klomp ander pryse was weggegee. Die organiseerders beplan om volgende jaar se kompetisie selfs groter te maak, Vanjaar se geleentheid was deur Mandi Zastron georganiseer.
Wenners
- Nul to drie maande: Eerste: Jaylyn Mduma; Tweede: Henry John JP Bayman
- Drie to ses maande: Eerste: Chelcea-Jane Pieters; Tweede: Miguel Adams
- Ses tot 12 maande: Eerste: Layla Faith Pieters; Tweede: Taylor Blankenberg; Derde: Mateo Mitchell
- Een tot twee jaar: Eerste: Eben Henze; Tweede: John Henry Sutherland; Derde: Grace Scholtz
- Twee tot drie jaar: Eerste: Ava-Leigh Esau; Tweede: Thiara Mia Michaels; Derde: Hanco Zwiegelaar
- Drie tot vier jaar: Eerste: Zac Fredericks; Derde: Skylar Henneke
- Vier tot ses jaar (junior skoukoning):Eerste: Ray-Jesh Goliath
- Vier tot ses jaar (junior skoukoningin): Eerste: Zarali Henze; Tweede: Leané Steyn; Derde: Nea van der Lith
Die beoordelaars is van links: Maritza de Swardt, Lindie Gilliomee en Marina Griesel.
Verwante artikel: Heidelberg-skou minder besig, maar steeds 'n sukses
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'