Gallery
HEIDELBERG NUUS - Die kleuters van Kleine Pikkewyne kleuterskool het nie op hulle laat wag toe hulle die kans gegun is om hul talente voor die televisiekameras ten toon te stel nie.
Die bekende Kyknet program, 'Kleuterzone' het die skool besoek om ’n program op te neem wat oor drie maande uitgesaai word.
Volgens Shirley Swartbooi, prinsipaal en stigter van die skool, was sy en haar personeel baie in hul skik toe hulle verneem dat die programaanbieders belangstel om hulle te besoek.
Die oggend tydens die besoek aan die skool het die kleuters reeds aan Renschea Bougas, programvervaardiger en haar span gewys dat hulle nie een tree vir hul dorp se groot televisiesterre, Christo Davids, Maurice Paige en Theodore Jantjies terug staan nie.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'