STILBAAI NUUS - Die Klein Begin-kleuterskool op die Wild Olive-gasteplaas wat vroeër vanjaar sy deure geopen het, spog reeds met 'n hele klompie leerders wat skoolgereed gemaak is.
Tydens 'n besoek van Stilbaai-polisie se landelike veiligheidskoördineerder sers. Godwin Johnson, personeel van die dorp se biblioteek en Fynbos Apteek op Maandag 26 Augustus het die onderwyser, Analien Boshoff vertel hoe kinders van vier jaar oud al tussen kleure en vorms kan onderskei en reeds heelwat werk van die gr.1-leerplan bemeester het.
Ao. Morné D'Emiljo bedank Fynbos Apteek vir die skryfbehoeftes wat hulle geskenk het, asook die biblioteek vir hul skenking van ensiklopedieë.
Lees 'n verwante artikel: Kleuters kry hupstoot by nuwe skool
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'