HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike Kindersorg-personeel en hul vrywilligers het Saterdag 25 November hul jaarlikse 16 dae van aktivisme-veldtog van stapel gestuur.
Dié veldtog teen geweld en mishandeling teen vrouens, kinders en ouer persone het onder die bekwame leiding van Danielle Osche, maatskaplike werker en hul span vrywilligers in die middedorp buite 'n supermark afgeskop.
Persone kon hul handpalm op 'n lap afdruk waarmee dit simboliseer dat hulle hul volhartig ondersteuning aan die veldtog gee.
Volgens Osche het nagenoeg 200 mense, waaronder kleuters, jeugdiges, mans, vrouens en senior burgers hul handpalms op die lap afgedruk het.
Verbygangers is deur die projekspan oor die belangrikheid van die veldtog meegedeel, omdat geweld teen die mees kwesbaarste sektor in die gemeenskap verál die tyd van die jaar geweldig toeneem.
Hulle is ook met pamflette oor gesinsgeweld en wit strikkies as herinnering aan die veldtog voorsien.
Persone wat die veldtog ondersteun kon hul palms op dié lap afdruk.
Osche het haar tevredenheid met die deelname van die inwoners uitgespreek en gesê dat hulle as 'n instansie baie beïndruk met die sukses van die dag was.
Sy het die bestuur en personeel van die supermark bedank vir hul bydrae.
Danielle Osche in die middel met die wit pet by haar personeel en vrywilligers. Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'