HEIDELBERG NUUS - Die Young Royal Shepherds Kersfeeskoor het Sondag 29 April hul dank aan hul getroue ondersteuners betoon deur hul silwerware tydens ’n optog in die woonbuurt ten toon te stel.
Hulle het by verskeie wonings aangedoen waar sterfgevalle of siekte was. By elke woning waar hulle aangedoen het, het hulle die gesin met ’n lied en gebed bedien.
Meyers het gesê: “Behalwe die geleentheid om ’n instrument te kan bespeel, help die koor ook skaaf aan dissipline en karakter bou van die lede.”
Enigiemand wat graag by die koor wil aansluit of ’n skenking wil maak kan Meyers skakel by 073 150 8198.
Young Royal Shepherds Kersfeeskoorlede spog met hul silwerware wat hulle tydens die kompetisie op Worcester opgeraap het. Thomas Meyers (voorsitter) staan heel links voor. Foto Clive Pretorius, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'