STILBAAI NUUS - Stilbaai se NG-kerk spog na jare weer met 'n kerktoring.
Die oorspronklike toring het 'n hele paar jaar gelede onveilig geraak aangesien die staal in die struktuur begin roes het en is in 2016 gesloop.
SBA Suid Afrika, wat spesialiseer in die bou van torings en dit dan verhuur aan selfoonmaatskappye, het toestemming gekry om die kerktoring te herbou op voorwaarde dat dit darem naastenby soos die oorspronklike toring moes lyk.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'