RIVERSDAL NUUS - Die Volkskerk van Afrika, Riversdal-gemeente het op Vrydag 6 Oktober 'n dankseggingsdiens gehou.
Die gemeente is 88 jaar gelede op 6 Oktober 1929 as 'n volwaardige tak van die kerk bevestig.
Later word eiendom in Van Riebeeckstraat aangekoop, waarop drie geboue gevestig was en word die platdakwoning vir kerkdoeleindes gebruik.
Die holbol gewel word in 1935 aangebring en die dakkonstruksie word gelig.
Die hoeksteenlegging van die kerkgebou vind op 23 Junie 1935 plaas.
Die gasprediker by die geleentheid was eerw. J Forbes, leier van die kerk.
Die gemeente beskik tans oor geen voltydse leraar nie en is ds. G Moller van die Mosselbaai-gemeente die konsulent-predikant.
Die kerk se orrelis is die 89-jarige Nelly Marcus.
ARTIKEL: KEITH EKSTEEN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'