STILBAAI NUUS - Die risiko’s van blootstelling aan Covid-19 teenoor gelowiges se behoefte om saam met ander te aanbid, het Stilbaai NG-Kerk se kerkraad in ‘n dilemma geplaas.
Die oplossing was inrykerkdienste, waar lidmate veilig in hul eie motors oor die radio na die preek wat voor die kerkdeur deur ds Francois Taljaard gelewer word, kan luister.
Lydia Heyns van die kerkkantoor sê hulle het tot dusver net positiewe kommentaar oor die eerste diens wat op Sondag, 5 Julie gehou is, ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'