STILBAAI NUUS - Belangstellendes wat wil help om indringerplante in Stilbaai te verwyder, kom Saterdag, 12 Junie weer op erf 657 bymekaar.
“Let daarop dat ons by die pad wat na Bosbokduin gaan, bymekaar kom. Dit is op die hoek van die Jongensfontein- en Bosbokduinpad, van waar ons die noord westelike hoek van die terrein sal betree,” sê dr Deon Begemann.
Kappery begin reeds om 09:00, dus word persone gevra om ‘n bietjie vroeër te kom.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'