RIVERSDAL NUUS - Kapelaandiens Eden Chaplaincy Group SA het Donderdag 25 Januarie vir Herman de Villiers as 'n nuwe kapelaan in die Riversdal-area georden.
Die baie spesiale ordening wat in die burgersentrum plaasgevind het, was 'n eerste vir Riversdal en ook 'n hoogtepunt vir Kapelaan De Villiers na die proses van keuring en opleiding wat hy suksesvol voltooi het.
Vivian Louwrens, die plaaslike AfriForum-takvoorsitter, was van die mense wat teenwoordig was by die unieke geleentheid.
"Ons weet kapelaan De Villiers gaan 'n groot verskil maak in die Riversdal-gemeenskap en dat hy deur die gemeenskap ondersteun gaan word," het pastoor Bernard Pieters beklemtoon.
Kontak Eden Chaplaincy Group SA by 084 212 8000.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’