HEIDELBERG NUUS - Ouers met kinders in Kairos Senior Sekondêr in Heidelberg het eenparig besluit om by die om by die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) aansoek te doen om 'n geen fooi-status.
Volgens die waarnemende prinsipaal, Trevor February (Mister Thysie), het hulle al vir die afgelope vier jaar onsuksesvol aansoek gedoen om 'n geen fooi-status te bekom.
Maar aangesien die Wes-Kaapse minister van onderwys nou self kan besluit om die status toe te ken, glo February, wat met ingang van 1 April as die nuwe prinsipaal aangestel is, dat hulle aansoek om geen skoolgelde te betaal nie dié keer suksesvol sal wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’