HESSEQUA NUUS - Twintig laerskole het Vrydag en Saterdag, 4 en 5 Maart op Oakdale bodem aan die Klein Karoo Saadproduksie se o/13-rugbytoernooi deelgeneem.
Spanne vanuit die Wes-, Suid- en Oos-Kaap het kragte in verkorte wedstryde gemeet waar geen doel- en strafskoppe toegelaat is nie.
Die toernooi bied die ideale geleentheid om spankombinasies te toets en kragte teen skole uit ander streke te meet.
Klein Karoo Saadproduksie is nou betrokke by hierdie kaalvoetrugbytoernooi.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'