HESSEQUA NUUS - Wil jy vanjaar ’n verskil maak?
Baie mense het nuwejaarsvoornemens, van dit mag wees om ’n verskil te maak in jou gemeenskap. Solidariteit Helpende Hand kan jou help om by dié nuwejaarsvoorneme te hou.
Riversdal se Helpende Hand tak het onlangs 45 tassies aan laerskole in die omgewing geskenk. Die tassieprojek is maar een van vele.
Hulle fokus is spesifiek om ’n verskil in die gemeenskap te maak. hulle kan dit slegs doen wanner die gemeenskap aanmeld en betrokke raak.
Dalk het jy net ’n uur n week. Dalk kan jy slegs ’n finansiële bydrae van R50 per maand maak. Maak nie saak hoe nie, maar dit wat jy wel het, kan hulle gebruik en vermeerder.
Verlede jaar het Helpende Hand 1443 projekte aangepak ter waarde van R3.3 miljoen. Hierdie projekte het die Afrikaner-gemeenskap se armoede verlig, verhoed en soms selfs verbreek.
In die Hessequa streek is Alisha de Lange die streeksorganiseerder wat jou na die naaste tak kan verwys. “Dis so vervullend om betrokke te wees by Helpende Hand en te kan sien hoe mense verander as jy begin omgee,” sê De Lange. “Ons is ’n stem vir hulle wat nie ’n stem het nie. Ons het tans 165 takke landswyd met 39 000 ondersteuners
wat almal nes jy ’n verskil wil maak.”
Skakel vandag nog vir De Lange op 082 923 1438 of stuur ’n epos na alisha@helpendehand.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'