RIVERSDAL NUUS - Ten spyte van die feit dat die nasionale instituut vir oordraagbare siektes van Suid-Afrika (NICD) bevestig het dat Suid-Afrika amptelik die derde golf van Covid-19-infeksies betree het, is daar steeds lede van die gemeenskap wat hulle nie aan die voorgeskrewe regulasies ter voorkoming daarvan steur nie.
"Ons waarsku inwoners daagliks en reik ook boetes uit aan diegene wat sonder maskers rondloop, maar dit blyk of die erns van die situasie nie by hulle insink nie," verduidelik ao Hans Busch van Riversdal-polisie.
"Ons dorp het tans die hoogste getal inwoners wat positief vir die virus getoets het, maar daar is waarskynlik baie ander wat dit onder lede het en hulle nie laat toets nie. Onthou, jy kan iemand anders se dood veroorsaak deur nie die protokol na te kom nie," waarsku hy.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'