Gallery
STILBAAI NUUS - Leerders het op Vrydag 1 Desember behoorlik die speke laat sing deur vir so lank as wat hulle wil met hul fietse ‘n uitgemerkte roete op die skoolgronde te ry.
Kinders van die heel kleinste tot die grootstes het met fietse van allerhande groottes en in al die kleure van die reënboog vir ure pret gehad, terwyl die leerkragte dié oefening gebruik het om talentvolle ryers vir die toekoms te identifiseer.
Dit het egter vir oud en jonk heelwat pret verskaf om die aksie dop te hou, terwyl sommige ouers self moes inspring en help om ryers regop hou en selfs ‘n paar stukkende knieë te dokter.
Die skool het vroeër vanjaar hul fietsryklub gestig en het reeds twee massaritte aangepak.
Hulle beplan om volgende jaar ook aan fietsrygeleenthede in die omgewing deel te neem.
ARTIKEL & FOTO'S: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'