HEIDELBERG NUUSFLITS - ’n Jongman van dié dorp is agter tralies nadat hy na bewering ‘n 30-jarige vrou van Slangrivier in ’n verlate huis verkrag het na ’n gekuiery op Saterdag 30 September.
Die 18-jarige man is borgtog geweier en bly in aanhouding. Volgens inligting deur die ondersoekbeampte tydens die borgaansoek, het die beskuldigde, slagoffer en ander by vriende se huis gekuier toe hul drank opgeraak het.
Die beskuldigde het die vrou gevra om saam met hom na sy huis te gaan om nog drank te gaan haal, maar onderweg het hy haar by ‘n verlate huis ingevat waar hy haar blykbaar aangerand en verkrag het.
Borg is geweier. Die saak is tot 7 November uitgestel.
Lees meer in volgende week se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'