HEIDELBERG NUUS - ‘n 23-jarige man van Heidelberg is Vrydagoggend, 7 Mei in hegtenis geneem na ‘n lasbrief vir aanklag van roof teen hom uitgereik is.
Die verdagte word ook met ander inbrake verbind.
Hy het Maandag, 10 Mei vlugtig in die hof verskyn. Hy verskyn weer Dinsdag, 18 Mei op die onderskeie klagtes.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'